Verordening op Eiendomsbelasting van Kaap Agulhas Munisipaliteit


Cape Agulhas
South Africa

Verordening op Eiendomsbelasting van Kaap Agulhas Munisipaliteit, 2009

NADEMAAL(1) Artikel 229(1) van die Grondwet ’n munisipaliteit magtig om belasting op eiendom te hef;(2) Artikel 3 van die Wet op Eiendomsbelasting bepaal dat ’n raad van die munisipaliteit in ooreenstemming met die Wet op Eiendomsbelasting ’n beleid moet aanvaar ten opsigte van die heffing van belasting op belasbare eiendom in die munisipaliteit;(3) Artikel 6(1) van die Wet op Eiendomsbelasting bepaal dat ’n munisipaliteit verordeninge moet aanvaar om uitvoering te gee aan die implementering van sy eiendomsbelastingbeleid.DERHALWE WORD deur die Kaap Agulhas Munisipaliteit as volg uitgevaardig:

1. Woordomskrywing

In hierdie Verordening beteken"eiendomsbelasting" of "belasting" ’n munisipale belasting op eiendom soos beoog in die Wet op Eiendomsbelasting en hierdie verordening."Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;"Munisipaliteit" die Kaap Agulhas Munisipaliteit;"Wet op Eiendomsbelasting" die Plaaslike Regering: Wet op Munisipale Eiendomsbelasting, 6 van 2004.

2. Aanvaarding en implementering van eiendomsbelastingbeleid

(1)Die Munisipaliteit sal ’n eiendomsbelastingbeleid op die heffing van belasting op belasbare eiendom in die munisipaliteit aanvaar.
(2)Die Munisipaliteit kan sodanige eiendomsbelastingbeleid implementeer om uitvoering daaraan te gee.

3. Inhoud van eiendomsbelastingbeleid

Die Munisipaliteit se eiendomsbelastingbeleid sal ooreenkomstig Artikel 3 van die Wet op Eiendomsbelasting opgestel word.

4. Verklarings en voorstellings

Geen persoon sal—
4.1enige vals aansoek, verklaring of voorstelling maak wat die belasting betaalbaar op enige eiendom sal raak nie, hetsy namens hom/haarself of namens iemand anders;
4.2versuim om enige wysigings op ’n aansoek, verklaring of aankondiging waarna in subartikel 4.1 verwys word, binne 7 dae na sodanige gebeurtenis aan die Munisipaliteit te rapporteer nie.

5. Strafbepalings

Enige persoon wat die bepalings van artikel 4 oortree sal skuldig wees aan ’n oortreding en by skuldigbevinding blootgestel wees aan betaling van ’n boete van hoogstens eenduisend rand, of tronkstraf vir ’n tydperk van hoogstens 3 maande, of beide sodanige boete en tronkstraf.

6. Kort titel

Hierdie Verordening heet die Verordening op Eiendomsbelasting van Kaap Agulhas Munisipaliteit.
▲ To the top