Related documents
- Is amended by House Shop By-law: Amendment
Cape Agulhas
South Africa
South Africa
Verordening insake Huiswinkels
- Published in Western Cape Provincial Gazette 7521 on 3 November 2015
- Inwerking getree op 3 November 2015
- [Hierdie weergawe van die relevante dokument vind toepassing vanaf 25 November 2016 en is insluitend van enige verdere wysigings gepubliseer tot en met 7 Maart 2025.]
- [Gewysig deur House Shop By-law: Amendment op 25 November 2016]
Aanhef
NADEMAAL artikel 156(2) en (5) van die Grondwet bepaal dat ’n munisipaliteit verordeninge kan uitvaardig en administreer vir die doeltreffende administrasie van die aangeleenthede wat hy die reg het om te administreer, en om enige bevoegdheid uit te oefen met betrekking tot ’n aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband hou met, die doeltreffende verrigting van sy funksies;EN NADEMAAL Deel B van Bylae 4 tot die Grondwet munisipale beplanning lys as ’n plaaslike regeringsaangeleentheid in die mate in artikel 155(6) (a) en (7) uiteengesit;EN NADEMAAL die Kaap Agulhas Munisipaliteit poog om munisipale grondgebruikbeplanning en enige aangeleenthede wat daarmee in verband staan te bestuur, beheer en reguleer;WORD DAAR soos volg deur die Kaap Agulhas Munisipaliteit BEPAAL:—Om huiswinkels binne die owerheid se regsgebied te identifiseer, te orden en reguleer.1. Woordbepaling
In hierdie verordening, tensy teenstrydig met die sinsverband, beteken:"gemagtigde beampte" ’n werknemer van die Raad wat deur die munisipale bestuurder aangestel is om die magte van ’n gemagtigde beampte ingevolge die bepalings van hierdie verordening uit te oefen;"goedkeuringstydperk" ’n maksimum van vyf jaar ingevolge die Standaard Verordeninge vir Munisipale Grondgebruikbeplanning, waarna daar weer aansoek gedoen moet word vir verlenging."huiswinkel" die aanwending van ’n kleinhandel onderneming vanaf ’n woonhuis vir die gerief van die onmiddellike gemeenskap deur die geregistreerde eienaar van die woonhuis, wat die woonhuis moet bewoon; met dien verstande dat die oorhoofse gebruik van die struktuur residensieël sal bly;"munisipale bestuurder" ’n persoon wat in deur die raad ingevolge die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 (Wet 117 van 1998) aangestel is;"munisipaliteit" die Munisipaliteit van Kaap Agulhas;"nasionale bouregulasies" beteken die Nasionale Bouregulasies wat ingevolge die Wet op Nasionale Bouregulasies en Boustandaarde, Wet No. 103 van 1977, afgekondig is;"openbare oorlas" enige handeling, versuim of toestand wat aanstootlik is, wat nadelig of gevaarlik is vir die gesondheid, wat die gewone gemak, gerief, rus of stilte van die publiek wesenlik belemmer of wat die veiligheid van die publiek nadelig raak;"Raad" die munisipale raad van die Munisipaliteit;"Soneringskema" soneringskema afgekondig in terme van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, no. 15 van 1985 of die Ge-integreerde Soneringskema afgekondig in terme van SPLUMA, 2013 (Wet 16 van 2013);"Soneringskema regulasies" Artikel 7 en Artikel 8 Skema regulasies ingevolge die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, no. 15 van 1985 of die Ge-integreerde Soneringskema afgekondig in terme van SPLUMA, 2013 (Wet 16 van 2013).2. Toepassing van hierdie verordening
3. Klassifisering van huiswinkels
4. Aansoeke vir huiswinkels
5. Vereistes vir ’n huiswinkel
6. Beperkings
7. Nie-aanspreeklikheid van die munisipaliteit
Die munisipaliteit is nie aanspreeklik vir enige regstreekse of gevolglike verlies of skade wat die eienaar van die huiswinkel perseel mag ly of opdoen as gevolg van of voortspruitend uit die goedkeuring van die huiswinkel nie.8. Voldoeningskennisgewings
9. Toepassing
10. Oorgangsmaatreëls
11. Delegasie
Die munisipale bestuurder mag enige bevoegdheid of plig wat ingevolge die bepalings van hierdie verordening aan die munisipale bestuurder toegeken is, skriftelik aan ’n amptenaar van die munisipaliteit delegeer.12. Strafbepaling
13. Kort titel en inwerkingtrede
Hierdie gewysigde verordening word die Kaap Agulhas Munisipaliteit Verordening insake Huiswinkels genoem en tree in werking op die datum van die publikasie daarvan in die Provinsiale Koerant.History of this document
25 November 2016 this version
Amended by
House Shop By-law: Amendment