Drank Handelsure Verordening

This is the latest version of this By-law.
Related documents

Cape Agulhas
South Africa

Drank Handelsure Verordening, 2012

  1. [Gewysig deur Liquor Trading Hours: Amendment op 9 Oktober 2015]
  2. [Gewysig deur Liquor Trading Hours: Amendment op 30 Oktober 2015]
  3. [Gewysig deur Liquor Trading Hours: Amendment op 28 Oktober 2016]
  4. [Gewysig deur Liquor Trading Hours: Amendment op 11 Januarie 2019]
Om voorsiening te maak vir die dae en ure waarop in drank handel gedryf mag word

Aanhef

Nademaal artikel 156(1) van die Grondwet voorsiening maak dat munisipaliteite uitvoerende gesag het met betrekking tot, en die reg het om die volgende regeringsfunksie te administreer: Beheer van onderneming wat drank aan die publiek verkoop;Nademaal artikel 156(1) van die Grondwet munisipaliteite die bevoegdheid verleen om verordeninge te maak en administreer ten einde effektiewe administrasie uit te oefen rakende die aangeleenthede wat hul die reg het om te administreer;Nademaal die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap oor die wetgewende bevoegdheid beskik ten opsigte van drank lisensies;En Nademaal die Wes Kaapse Drank Wet, 2007 erken dat ’n munisipaliteit drank handelsure mag bepaal deur middel van ’n verordeningWORD AS VOLG deur Kaap Agulhas Munisipaliteit gepromulgeer:

1. Woordbepaling

Dat die woordomskrywings in hierdie verordening, tensy anders aangedui as volg sal wees:"Wet" beteken die Wes Kaapse Drankwet, 2008 (Wet No 4 van 2008);"gelisensieërde perseel" beteken die perseel waarop drank verkoop, verbruik of gestoor mag word in terme van ’n lisensie toegeken in terme van die Wet;"gelisensieërde besigheid" beteken die besigheid wat bedryf mag word op die gelisensieërde perseel soos gemagtig deur die Drankraad;"Lisensiehouer" beteken die persson aan wie ’n drank lisensie uitgereik is in terme van die Wet;"Drank Owerheid" beteken die Wes Kaapse Drank Owerheid ingestel in terme van artikel 2(1) van die Wet;"Drankwinkel" beteken ’n winkel wat hoofsaaklik alkoholiese drank verkoop wat weggeneem word en weg van gelisensieerde persele gedrink word;[omskrywing van "Drankwinkel" ingevoeg deur artikel 1 van die Wysigingsverordening, 2019]"handelsdae" beteken die dae waarop drank verkoop mag word tydens handelsure;"handelsure" beteken die ure waaarop drank verkoop mag word op handelsdae;"munisipaliteit" beteken Kaap Agulhas Munisipaliteit;"Toeristefasiliteite" beteken geriewe vir toeriste of besoekers soos WYNBOETIEKS, lesinglokale, restaurante, geskenkwinkels, ruskamers of ontspanningsfasiliteite, maar sluit nie ’n drankwinkel, hotel of oornagverblyf in nie;[omskrywing van "Toeristefasiliteite" ingevoeg deur artikel 1 van die Wysigingsverordening, 2019]"Wynboetiek" beteken ’n Wynwinkel wat handel dryf in wyne van kleiner, onafhanklike produsente. Dié handelsmerke word nie in die groter markte gevind nie.[omskrywing van "Wynboetiek" ingevoeg deur artikel 1 van die Wysigingsverordening, 2019]

2. Toepassing van verordening

Hierdie verordening is van toepassing op gelisensieërde besighede wat drank verkoop vir verbruik:
(a)op die gelisensieërde perseel;
(b)van die gelisensieërde perseel; en
(c)op en van die gelisensieërde perseel.

3. Handelsure

(1)Verbruik op die gelisensieërde perseel’n Lisensiehouer van ’n perseel waarop drank verkoop mag word vir verbruik op ’n gelisensieërde perseel, mag op enige dag drank verkoop tussen 10:00 en 02:00 die volgende dag.
(2)Verbruik van die gelisensieërde perseel’n Lisensiehouer van ’n perseel waarop drank verkoop mag word vir gebruik van die gelisensieërde perseel mag drank verkoop tussen 08:00 en 20:00 Maandag tot Saterdag.[subartikel (2) gewysig deur artikel 1 van die Wysigingsverordening, 2015]
(3)Verbruik op en van die gelisensieërde perseel’n Lisensiehouer van ’n perseel waarop drank verkoop mag word vir verbruik op en van die gelisensieërde perseel mag drank verkoop –
(a)vir verbruik op die gelisensieërde perseel op alle dae tussen 10:00 en 02:00 die daaropvolgende dag; en
(b)vir verbruik van die gelisensieërde perseel tussen 08:00 en 20:00 Maandag tot Saterdag.
[subartikel (3) gewysig deur artikel 1 van die Wysigingsverordening, 2015]
(4)Geen drankverkope vanaf buite gelisensieerde perseel op Sondae nie.[subartikel (4) toegevoeg deur artikel 2 van die Wysigingsverordening, 2015, soos gewysig deur die Tweede Wysigingsverordening, 2015]
(5)Geen drankverkope vanaf buite gelisensieerde perseel op Godsdienstige vakansiedae (Goeie Vrydag en Kersdag) nie.[subartikel (5) toegevoeg deur die Wysigingsverordening, 2016]
(6)Handelsdae en -ure vir die verkoop van drank vir verbruik weg van en op gelisensieerde persele: ’n Lisensiehouer wat ’n toeristefasiliteit bedryf, kan drank vir verbruik weg van die gelisensieerde perseel op enige dag van die week van 9:00 tot 16:00 verkoop.[subartikel (6) toegevoeg deur artikel 2 van die Wysigingsverordening, 2019]
(7)Dat al die drankhandelaars wat alkoholiese drank verkoop, mag Sondae van 9:00 tot 16:00 drank verkoop.[subartikel (7) toegevoeg deur artikel 2 van die Wysigingsverordening, 2019]

4. Afwyking van handelsure

Die Raad mag, in belang van die gemeenskap en op versoek van ’n lisensiehouer van ’n perseel waarop drank verkoop mag word vir verbruik op die gelisensieërde perseel, goedkeuring verleen dat die lisensiehouer drank mag verkoop tussen die tye, anders as die omskryf in artikel 4, maar wat nie buite:
(a)’n tyd vroeër as 09:00; en
(b)’n tyd later as 02:00
sal wees nie.

5. Strafbepaling

Onderworpe aan artikel 6 is ’n lisensiehouer wat drank verkoop, voorsien of die verbruik daarvan toelaat op ’n gelisensieërde perseel op ’n tyd wanneer die verkope van drank nie deur die lisensie toegelaat word nie, skuldig aan ’n misdryf en kan by skuldigbevinding ’n boete of tronkstraf, of beide opgelê word.

6. Oorbruggingsmaatreëls

Die handelsure van enige lisensie vir ’n perseel waarop drank verkoop mag word vir verbruik op of van die gelisensieërde perseel, wat voor die inwerkingtreding van hierdie verordening vasgestel is, sal van toepassing wees totdat die lisensie soos omvat in artikel 62(2) van die Wet, verval.

7. Kort titel en inwerkingtreding

Hierdie verordening word die Kaap Agulhas Munisipaliteit Verordening insake drank handelsure genoem en tree in werking op die datum van publikasie daarvan in die Provinsiale Koerant.
▲ To the top